BestCSS Web Gallery Wedding of Casper and Danél
Wedding of Casper and Danél
Wedding of Casper and Danel

Ons Storie

November, 2010
Ons ontmoet as mede Spruitstraat 18 inwoners in Potchefstroom toe ons huurkontrakte teken vir verblyf. Min het ons geweet wat die jaar vir ons inhou...

Julie, 2011
Na vele studente braaie en laat aand kuiers het daar 'n awesome vriendskap ontstaan.

Augustus, 2011
Só awesome dat mense begin vrae vra oor wat aangaan tussen ons. Ons het gedink ons steek dit goed weg.

22 September, 2011
Op Casper se verjaarsdag kom ons tot 'n "mutual agreement" dat ons nou offisieël kêrel en nooi is.

Desember, 2011
Die liefde het geboom! Maar ons paadjies moes toe ongelukkig skei. Danél is terug Malelane toe en Casper Vanderbijlpark toe om beide aan hul Meesters te werk.

Mei, 2012
Na 4 maande se langafstand verhouding word 500km kuiers nou 5km toe Danél Vanderbijlpark toe trek om haar internskap te doen.. Woohoo!

Februarie, 2013
Tussendeur al die harde werk en van werk verander het Casper 'n paar plannetjies in sy mou.

28 Februarie, 2013
Na 'n lang gekonkel is Danél se woonstel omskep in 'n romantiese wonderland met kerse, blomme, roosblare en sagte agtergrondmusiek

28 Februarie, 2013
Casper Odendaal vra vir Danél Olwage om hom die gelukkigste man op aarde te maak deur met hom te trou... Danél antwoord JA! JA! JA!

Junie, 2013
Dis nou net troureëlings voor en agter en ons is SUPER opgewonde om ons groot dag saam met jou te deel!

Die Bruid

Danél Olwage

Danél is gebore op 10 Februarie 1986 in Johannesburg. Sy het haar kleuterskooljare in Rustenburg geniet en het daarna saam met haar familie verhuis na Komatipoort. Daar het sy haar laerskoolloopbaan en hoërskoolloopbaan (Nelspruit) klaargemaak en baie goeie herhinneringe opgebou. Na matriek het sy 'n gap jaar in Pretoria gedoen deur Metamorpho om uit te vind wat sy met haar lewe wil aanvang. Die paadjie het toe na Potchefstroom gelei waar sy al 3 haar grade verwerf het in Bedryfsielkunde aan die Noord-Wes Universiteit.

Daar het sy die aantreklike Casper Odendaal ontmoet en verlief geraak. In haar vrye tyd geniet sy dit baie om te dans, saam haar vriendinne te kuier en te Pinterest. Sy vermaak soms vir Casper op die langpad deur vir hom te karaoke en vir sy grappe te lag. Sy is 'n georganiseerde lysie-maker wat mense soms kan flous deur verstrooid voor te kom. Vanjaar het sy haar internskap in Bedryfsielkunde klaargemaak en kan nie wag vir die volgende lewensvooruitsigte nie...

Die Bruidegom

Casper Odendaal

Casper is gebore op 22 September 1988 in Vanderbijlpark. Hier het hy grootgeword en skool gegaan waar hy dikwels 'n uitblinker op die sportveld was. In 2007 het hy sy tas gepak en vertrek na Potchefstroom om BA Kommunikasie te studeer aan die Noord-Wes Universiteit. Hy voltooi sy graad in 2009 en doen daarna sy honneurs-graad in Korporatiewe Media. In 2011 begin hy met sy Meesters-graad in Kommunikasie en werk deeltyds as grafiese/web designer in Johannesburg.

In sy vrye tyd geniet hy dit om skateboard te ry en speel ook paar note op sy elektriese kitaar, of werk 'n rondte gholf in saam met sy pa en broer. Casper is 'n kalm, kreatiewe mens wat daarvan hou om 'n grap of 2 te maak en self daarvoor te lag. Hy mis ook nie sommer 'n twitter of facebook update nie..letterlik. Vandag werk hy as web designer en developer in Sandton en is super opgewonde om met die vrou van sy drome te trou.

Die Gevolg

Wat jy moet weet

Die Groot Dag

Datum:
19 Oktober 2013

Plek:
Sumptuous Village,
70 Road No 8 Rd,
Homestead Apple Orchards,
Walkerville, De Deur.

GPS koördinate:
S 26 27.393
E 27 56.025

Tyd:
15:00

Ongelukkig word geen kinders toegelaat nie.
Kontantkroeg beskikbaar.

Plekke waar jy kan slaap

Geskenke

Baie dankie dat elkeen van julle so belangrike rol in ons lewens speel. As jy ons wil bless met 'n geskenk om ons lewens saam te begin kan jy dit doen deur op enige van die winkel logos hier onder te kliek om na ons trouregister te kyk. As jy eerder verkies om 'n kontantbydrae of geskenkbewys te gee, sal ons dit ook baie waardeer ;)
P.S. Nie alle items word op al die websites gewys nie. 'n Volledige lys kan binne die winkels gekry word. Vra net vir ons registernommer wat bo aan die verskillende lyste verskyn.

RSVP

Om te RSVP kan jy 'n email stuur na
casperodendaal@gmail.com
of
danolwage@gmail.com

of jy kan ons kontak op
083 740 1212 / 084 240 5052.

RSVP asseblief voor
7 September 2013

Website gemaak met liefde
deur die bruidegom